Вступление
Saai die waatlemoen, saai die waatlemoen
Saai die waatlemoen, saai die waatlemoen
My mamma roer die skuitjie
My pappa blaas die fluitjie
My boetie draai die orreltjie
Saai die waatlemoen!
Braai die jong kalkoen, braai die jong kalkoen
Braai die jong kalkoen, braai die jong kalkoen
My tannie dra 'n kruitjie vol water uit die spruitjie
sy saai 'n koringkorreltjie en kry 'n boerpampoen!
Wat sal ek tog doen? Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen? Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie sy trek haar mond 'n tuitjie
Sing 'n wysie deur haar gorreltjie, wat sal ek tog doen?
Almal wil haar soen, almal wil haar soen
Almal wil haar soen, almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie en sê sy's klaar 'n bruidjie
Die vonkelwyn maak 'n borreltjie almal wil haar soen!