Вступление
Hansie Slim, berg wil klim
In die wye wêreld in
Stok en hoed pas hom goed
Hy is vol van moed
Maar die moederhart voel seer
Hans is in die huis nie meer
Hoor nou net, moeder sug
Hardloop gou-gou terug
Hansie swoeg, baie moeg
Hoog geklim dit is genoeg!
Omdraai nou, 'ksê vir jou,
Bergklim nie weer gou!
Tuis smeer Ma die salfies aan,
Hans voel gou weer pure man!
Eerste keer, les geleer
Eendag weer probeer!