Вступление
Aai, aai, die Witborskraai
Hiervandaan na Mosselbaai
Hooggevlieg en laaggeswaai
By die groot see omgedraai
Aai, aai, die Witborskraai
Hiervandaan na Mosselbaai
Oompie wil na Tannie vry
Maar tannie trek haar neus opsy
Raai, raai Janpiet Kepaai
Het sy rietgeweer gelaai
Tier gaan skiet by Mosselbaai
Nooit nie weer daar omgedraai
Fooi, fooi, Stefaans du Toit
Het gaan kuier by 'n nooi
Met sy rietperd in die Baai
Daadlik weer daar omgedraai