Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank vergane skepe
In die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog die deuntjie draal
Soos lank vergane grepies uit
'n Baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n kind kon raai
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind