Ek het 'n huisie by die see, dis nag
Ek hoor aaneen aaneen die golwe slaan
Teenaan die rots waarop, my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag
Ek hoor die wind huil 'n kreun en klag
Soos van verlore siele in hul nood
Al dwalend, klagend wat in graf en dood
Geen rus kon vind maar nog swoeg en smag
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig
Hier binne is dit veilig, warm en dig
Kom nag, kom weer en wind kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan