Verse:
NC
Kom sit styf hier teen my, jou kop agteroor
Hoor jy hoe sag val die reën?
Die dag is verby, nog 'n week, nog 'n maand
Waar loop die tyd met ons heen?
Оnтноu jy hoe ver moes ons skool toe stap
En sou jy my fliek toe vra
Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy
Ja, dit was die goeie ou dae
REFRAIN 1:
NC
My held was Elvis, my Elvis, my "Heartbreak Hotel"
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel
Kom ons klink 'n rooi glasie wyn op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie
2de Vers:
NC
Die kiekies is dof, die albums vol stof
Kyk hier bak ma haar beskuit
Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam
О hoor jy die wind tee die ruit?
Die kindergesiggies, die sterre se liggies
Laat jou van voor af onthou
Оu vriende is dood, die kleinspan word groot
Ja, kyk net waar staan ons nou
REFRAIN 2:
NC
Draai weer daai "Ramblin' Rose"-plaat van Nat "The King" Cole
En "Your Cheating Heart" en "He'll Have To Go"
Kom ons ruil 'n dag se rumoer vir 'n outydse toer
En gee ons oor aan die nostalgie
BRIDGE:
Оnтноu jy die saam besluit
Liefde had geen perke
Saam veg teen die steiltes uit
Hier staan ons nou, sterker en sterker oe
REFRAIN:
Elvis, my Elvis, my "Heartbreak Hotel"
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel
Kom ons klink 'n rooi glasie wyn op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie