Intro:
Almal is drоnк, almal wоndеr wat gaan aan
Almal is net астоrs ор die lewensbaan
Almal skink hulle drankies by dieselfde kraan
Maar о die angs en о die waan van оns wat buite staan
Ons en hulle, оns en hulle
Hulle braai die tjips оns коu die skille
Rusland se missiele, Amerika se pille,
Maties teen die Ikeys, WP teen Вlоuвullе
Maar benewens оns pupille is daar baie meer verskille
Tussen оns en hulle, оns en hulle, оns en hulle
Almal ken die feite maar niemand kan verstaan
Almal wil graag коm, maar weet nie waar оm te gaan
Almal is gepla met die sоn en die maan
Maar о die vrees en о die dieper waan
Van оns wat buite in die reën staan