Onder in my whiskeyglas
Sien ek jou weer
Onthou ek hoe ons was
En nou's my hart so seer
Die kroeg se deur staan toe
Wasem aan die donker lig
Ek lig my glas op om te proe
Maar voor my sien ek jou gesig
Onder in my, onder in my, onder in my whiskeyglas
Is jy nog aan my vas
Ek het jou geruil vir die droom
Vir 'n duisend kontinente
Nou sien ek in my glas se boom
En ek tel my laaste sente
Hier's orals om my vannag
My glas is leeg, my maag wil draai
Whiskey was hard, maar jy was sag
Jy is bo drank verhewe