Вступление
Fakkels
[Verse]
In donker aande luister jy
In stilte wens jy die nag verby
Bang dat môre se dag nie breek nie
Struikel jy oor elke rots
Wat voor jou staan
Waarteen jy bots
Asof jy die lig nie ken nie
[Pre-Chorus]
Vroegdag se onweer begin opsteek
En ek wag vir jou soos vir stormreën
[Chorus]
Sal jou fakkels brand
Tot die daglig voor jou deur staan
En klop met goeie hoop in die hand?
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?
Geval maar op jou voete geland
[Verse]
Kry my op die hoogste krans
Dan wys ek jou hoe die sterre dans vanaand
Bring dit jou tot stilstand
Vrees het sy geheim verloor
Uitgelap aan elke oor
Sal jy oor die afgrond begin uitkyk?
[Pre-Chorus]
Vroegdag se onweer begin opsteek
En ek wag vir jou soos vir stormreën
[Chorus]
Sal jou fakkels brand
Tot die daglig voor jou deur staan
En klop met goeie hoop in die hand?
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?
Geval maar op jou voete geland
[Refrain]
As die son se lig die dag verlaat
En stadig oor die afgrond se hange begin opklim
As daar duisend skadu’s dreigend val
Wat oor jou voorstoep vee en dit donker agterlaat
[Chorus]
Sal jou fakkels brand
Tot die daglig voor jou deur staan
En klop met goeie hoop in die hand?
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?
Geval maar op jou voete geland
[Chorus]
Sal jou fakkels brand
Tot die daglig voor jou deur staan
En klop met goeie hoop in die hand?
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?
Geval maar op jou voete geland
Geval maar op jou voete geland