Intro:
Ek kyk graag so diep in jou oë
Ek soen jou so graag op jou mond
As jy by my bly
Dan weet ek dis jy
Jy's hemel op aarde vir my
Ek kyk graag so diep in jou oë
Ek raak graag so saggies jou hand
As jy by my bly
Dan weet ek dis jy
Jy's hemel op aarde vir my
Dat ons twee mekaar ontmoet het kan geen toeval wees
Wat die noodlot ons nog gee kan tog net liefde wees
As mens glo in ware liefde, dit het ons geleer
Dan kan niks ons ooit skei nie want ons liefde word
net altyd meer en meer