Dit is stil in die wind, in die park loop 'n kind
En daar's trane op haar wang
Met 'n vuil handjie teer probeer sy dit keer
Maar dit val voor haar op die sand
Daar's 'n blik in haar oë soos dit kan ek nie glo
Vertel sy dan aan my met snikkend haar woord
Soos 'n gebroke akkoord vertel sy dit aan my
Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra
Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra
Sy sê dan aan my, 'n roos moet sy kry
Want dit is nie meer so lank, haar moeder nie wel
Dis wat sy vertel, dis net om haar te dank
Ek is so baie lief vir haar, soos sy voor haar uitstaar
'n Roos moet sy dan kry
Moenie huil nie, my kind, sê ek
'n Roos sal ons vind, in haar oë sien ek sy is bly
Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra
Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra