gGuitarama
K

Karoonag

Аккорды
Рекламаad-slot:header
Тон
0
Прокрутка
Шрифт
Вид аккордов
As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld
En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê
As die trein by Noupoort fluit en dit wegraak in die wind.
En 'n tolbos iewers vaswaai teen die rand
Ruik jy katbos en ruik jy kambro, as dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind vanaand
Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind vanaand, hier vanaand.
In die môre as dit blou word, en die amber wolke rooi
As die son sy eerste lig oor die bitter boegoe stoot
As die tweeling en die kreef kottleljons oor Beaufort-Wes
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
Ruik jy katbos en ruik jy kambro, as dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind vanaand
Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind, my optelkind vanaand, hier vanaand.

Видео

Смотреть на YouTube

Видео для этой песни пока не подобрано.