1ste Vers:
Daar's 'n land aan suiderkant
Kom deel in sy verhale
Uit die ooste, weste, noorde
Suide toegebring
Dis 'n land met wilde hand
Wat uitreik telkemale
Om die hoop van môre te besing
REFREIN:
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Watter man wat sy kind verstaan
Sal hom verlaat om alleen op sy weg te gaan
Hierdie land bied almal 'n lewe
Watter vrou sal haar kind vermaan
As daar vir hom ook 'n plek in die son bestaan
2de Vers:
Daar's 'n land wat nooit verpand
Sy kosbaarste besitting
Vele mense, volke
Wat sy lewensdraad sal bly
Dis 'n land wat koers kan hou,
Gee jy maar net die rigting
Van die môre ook vir jou en my
REFREIN + herhaal "hierdie land bied almal sy deel"