gGuitarama
D

Die Padda Wou Gaan Opsit

Аккорды
Рекламаad-slot:header
Тон
0
Прокрутка
Шрифт
Вид аккордов
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, -ham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, -ham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
Maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry, -Ham, -Ham, -Ham
Hy vra toe vir vuurvlieg om sy lig uit te huur, -Ham
Hy vra toe vir vuurvlieg om sy lig uit te huur, -Ham
Hy vra toe vir vuurvlieg om sy lig uit te huur
Die vuurvlieg sê ja, teen 'n sent 'n uur, -Ham, -Ham, -Ham
Die twee sit toe af na die nooi se huis, -Ham
Die twee sit toe af na die nooi se huis, -Ham
Die twee sit toe af na die nooi se huis
Die huis in die vlei van mejuffrou Muis, -Ham, -Ham, -Ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, -Ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, -Ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen
Het hy van hierdie ontstellende nuus verneem, -Ham, -Ham, -Ham
Die vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis, -Ham
Die vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis, -Ham
Die vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis
Hy moes opsit saam met Padda en sy muis, -Ham, -Ham, -Ham
Die padda het die vuurvlieg toe huistoe gestuur, -Ham
Die padda het die vuurvlieg toe huistoe gestuur, -Ham
Die padda het die vuurvlieg toe huistoe gestuur
Want 'n opsitkers teen 'n sent 'n uur en 'n luistervink
daarby is gans te duur, -Ham, -Ham, -Ham

Видео

Смотреть на YouTube

Видео для этой песни пока не подобрано.