gGuitarama
B

Bartolomeu Dias

Аккорды
Рекламаad-slot:header
Тон
0
Прокрутка
Шрифт
Вид аккордов
Die seilskip St Christofoor met kaptein Bartolomeu
Vaar langs die woeste kus van Afrika
In die naghemel wink vreemde sterre so blink
Ons voel verlore, ver van Portugal
Hys nou die seile hoog, tuur met jou seemans oog
Waar is die Kaap waar's die eindpunt van Afrika
Laat ons terug draai na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias ons wil huis toe gaan
By Walvisbaai verby, geen Kaap kon ons nog kry
Die stormwinde waai ons by Kersfees verby
Die nuwejaar gee net meer son en meer see
Ons voel verlore ver van Afrika
Hys nou die seile hoog, tuur met jou seemans oog
Waar is die Kaap waar's die eindpunt van Afrika
Laat ons terug draai na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias ons wil huis toe gaan
Ooswaarts het ons gedraai, geland by Mosselbaai
Die klipkruis geplant op die bodem van Afrika
Drie dae oos, die bemanning word boos
Bartolomeu Dias ons moet huis toe gaan
Hys nou die seile hoog, tuur met jou seemans oog
Waar is die Kaap waar's die eindpunt van Afrika
Laat ons terug draai na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias ons wil huis toe gaan
Tien jaar is lank verby, maar Indië moet hy nog kry
Met Da Gama vaar hy weer om Afrika
Maar die Kaap van Storms het sy geweld laat geld
En Bartolomeu Dias sterf by Afrika
Hys nou die seile hoog, tuur met jou seemans oog
Waar is die Kaap waar's die eindpunt van Afrika
Laat ons terug draai na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias ons wil huis toe gaan

Видео

Смотреть на YouTube

Видео для этой песни пока не подобрано.