Vers 1:
Op 'n berg in die nag, lê ons in donker en wag
in die modder en bloed.
Lê ek koud, streepsak en reën kleef teen my.
En my huis en my plaas, het hulle verbrand,
sodat hulle ons kan vang.
Maar daai vlamme en vuur
brand nou diep, diep binne my.
Koor:
De la rey! De la rey!
sal jy die boere kom lei
De la rey! De la rey!
Generaal, Generaal
soos een man sal ons om jou val
Generaal De la Rey
Vers 2:
Hoor die kakies wat lag, 'n handjie van ons teen 'n hele groot mag.
En die kranse lê hier
teen ons rug, hulle dink dis verby.
Maar die hart van 'n boer, lê dieper en wyer hulle gan dit nog sien
op 'n perd kom hy aan,
die Leeu van die Wes Transvaal
Koor x2
Brug:
want my vrou en my kind, lê in 'n kamp en vergaan
en die kakies se murg, loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.
Koor x1